Lank lank gelede op die 20ste September 2014, was Jaundré by Horse en River toe Corélle sy asem weggeslaan het. Hulle het die dag saam gekuier waar Jaundré vir Corelle met n soentjie op die wang gegroet het die aand. So het Corélle gaan slaap met butterflies in haar maag.
En so gaan 3 maande verby wat Corélle niks van Jaundré af hoor nie, tot Kersdag 2014 waarJaundré vir Corélle n boodskap stuur.
Dis toe waar die 2jies lekker begin gesels het en smoorverlief geraak het op mekaar, van koffie dates en lekker kuier het Jaundré besef genoeg is genoeg en vir Corélle die 7de Februarie 2015 gevra om sy meisie te wees.
Van die dag af het hulle liefde net meer geraak vir mekaar, waar Jaundré toe besluit om op 10 Julie 2020 vir Corélle se hand te vra. Met baie trane en smiles kon Corélle nie vinnig genoeg ja se nie.